SIKLUS!

ANJA SE FOTO-ALBUM IS LAER AF OP HIERDIE BLADSY!

Anja Swart het by SIKLUS! aangesluit op 17 Februarie 2008 nadat sy 'n paar suksesvolle oudisies deurgemaak het. Anja het ook aan Showtime in Port Elizabeth deelgeneem en was ook in 2008 betrokke by haar skool, Hoërskool Andrew Rabie, se revue.

Anja het haar eerste solo-optredes by die 2008 ABSA KKNK gedoen en het een en almal verstom met veral haar vertolking van ENGEL MET 'N ANGEL. Anja beskik oor besonderse diep stem wat aan haar 'n unieke klank gee binne SIKLUS! en wat lieflik saamsmelt met die res van die groep.

Anja woon in Port Elizabeth en is ook baie lief vir sport. Sy is tans in Matriek en ook lid van die Leerlingraad.

Hou gerus hierdie bladsy gereeld dop om die nuutste nuus oor Anja te lees.