SIKLUS!

CARINA RENZ SE FOTO-ALBUM IS LAER AF OP HIERDIE BLADSY

Carina Renz het by SIKLUS! aangesluit in op 1 Oktober 2006 nadat sy verskeie oudisies moes deurstaan. Carina se werklike naam is Carina Janse van Rensburg en nadat sy in Junie 2006 deur Sarel Botha, 'n promotor van Port Elizabeth uitgesoek is as 'n sangeres wat potensiaal het om dit in die musiekbedryf te maak, het hy aan Carina aanbeveel om die verhoognaam Carina Renz aan te neem.

Carina het haarself onderskei as 'n uitstekende sangeres met verbysterende energieke danspassies terwyl sy sing. Net so energiek as wat haar danspassies is, lewer sy egter ook stylvolle en diep repertoire wat uiters emosioneel is en baie aandag trek.

Die afgelope twee jaar het Carina verskeie optredes by die KKNK in Oudtshoorn gehad en geniet baie groot aanhang by gehore. Sy slaag daarin om 'n nuwe dinamika saam met haar op die verhoog te bring, ongeag wie voor haar opgetree het en ongeag hoe suksesvol die kunstenaar voor haar was. Sy beskik oor 'n unieke talent en vermoë om haar gehoor raak te lees en die uitvoering van haar liedjies sodanig aan te pas dat dit byval vind by die gehoor aan wie sy dit op daardie gegewe oomblik opvoer.

Carina het pas haar debuutalbum, ONTHOU, opgeneem. Haar CD-vrystellingskonsert is ook op DVD beskikbaar.

.