SIKLUS!

EMILE DOUBELL SE FOTO-ALBUM IS LAER AF OP HIERDIE BLADSY

Emile Doubell het by SIKLUS! aangesluit op 17 Februarie 2008. Emile het twee jaar namekaar (2007 en 2008) aan Showtime 2000, in Port Elizabeth deelgeneem. Hy het ook in Februarie 2008 die hoofrol gespeel in Victoria Park Hoërskool se revue, Copacabana.

Alhoewel Emile Engelsprekend is, het hy 'n ongekende liefde vir Afrikaanse musiek en hou hy die ontwikkeling van van hierdie jong taal se musiek fyn dop, veral deur MK en Kyknet op DSTV te kyk.

Emile het gedurende die 2008 ABSA KKNK sy vuurdoop in KKNK-optredes gehad en uitstekend gevaar. Hy was dadelik gewild by die gehore en dit is duidelik dat hy nog groot spore in die musiekwêreld gaan trap.

Later in 2008 raak hy betrokke by M-NET se HIGH SCHOOL MUSICAL en vorder tot by die TOP 20.