SIKLUS!

MARINUS VAN ROOYEN SE FOTO-ALBUM IS LAER AF OP HIERDIE BLADSY

Marinus is 'n stigterslid van SIKLUS! en is dus sedert Oktober 2005 in die groep. Hy is ook reeds wyd bekend as Suid-Afrika se Roy Orbison aangesien hy 'n fyn aanvoeling het vir Orbison se musiek en dit ook uitstekend vertolk.

Marinus het in 2006 en 2007 die gesogte VOALIM-toekennings in Port Elizabeth ontvang as BESTE KUNSTENAAR en telkens ook vir die BESTE LIEDJIE. Marinus was ook die eerste ontvanger van die Jacques Arendt Wisseltrofee vir die mees belowende kunstenaar. In 2006 was Marinus on die TOP 100 Afrikaanse Idols en ook onder die TOP 30 SUPERSTERRE van PATRICIA LEWIS op SABC2.

Marinus het die afgelope vier jaar talle optredes by die KKNK in Oudtshoorn gedoen. Sy vertonings het altyd met massiewe applous en ondersteuning gepaard gegaan en dit is duidelik dat hy 'n gunsteling onder gehore is. Hy is 'n gesoute sanger en vanweë sy intense ervaring het hy besluit om hierdie jaar op eie stoom 'n ROY ORBISON-tribute aan te pak wat hy hopelik in Oktober 2008 gaan aanbied.

Marinus is by uitstek 'n tenoor en met sy akrobatiese stemtoertjies verleen hy volheid aan SIKLUS! se repertoire.