SIKLUS!

 

SIKLUS! STEL NUWE STANDAARDE

 

 

Port Elizabeth - Die Oos-Kaapse sanggroep, SIKLUS! het met hulle CD-vrystellingskonsert op 7 Februarie nuwe standaarde gestel in die plaaslike musiekbedryf,” het Jacques Arendt van BAY FM 107.9 hier gesê. “Met uitstekende beligting wat deur die bekende beligtingspesialis, Hein Herselman hanteer is en goeie klank wat deur WM Sound & Lighting voorsien is, het die groep gedemonstreer dat plaaslike talent ook op professionele wyse ‘n CD-vrystellingskonsert kan aanbied.”

 

Die geleentheid was deur ‘n geesdriftige gehoor van meer as 400 mense in die MMM Loubser Ouditorium, Somerstrand, bygewoon. Met ‘n grootskerm wat die gehoor gereeld op datum gehou het met inligting rondom SIKLUS! se repertoire en fotos van die groep, asook ‘n kort animasie wat gebruik was om die groep aan die gehoor bekend te stel, was die aand professioneel afgerond en ‘n geleentheid wat nie gou vergeet sal word nie.

 

“Die klank was aanvanklik effens wankelrig,” sê Jacques Arendt, ”maar dit is gou onder beheer gebring.” Dit was SIKLUS! se derde album wat uitgereik is en dit is die eerste keer wat al die snitte, behalwe een, oorspronklike werk van SIKLUS! is wat nie deur iemand anders opgeneem is nie. Die vrystellingskonsert was ‘n fees van uitstekende beligting en puik klank. Die groep het 73 Cd’s van die hand gesit by die konsert.

 

SIKLUS! het baie moeite gedoen om die keuse van liedjies en die verwerking daarvan met die oog op blootstelling aan die nasionale mark te doen. Aan die anderkant poog die groep om met hierdie vrystelling ‘n eie klank te vestig en sodoende ‘n sterker staanplek in die nasionale mark te bewerkstellig.

 

Ses van die twaalf snitte is deur huidige en vorige SIKLUS!-lede self geskryf, terwyl twee snitte deur die bekende Stef Kruger (onder andere Dozi se liedjieskrywer) geskryf is. Nog twee snitte is deur die musikant, sanger en produksie-spesialis, Deon Mattheus geskryf. Een snit kom uit die pen van Pauline Matthews van Limpopo (wat spesiaal die CD-vrystelling bygewoon het) en die slotsnit op die album is ‘n a capella-weergawe van Koos du Plessis se GEBED. Die album bevat ook ‘n BONUS VIDEO van die liedjie SKREE JY OP MY. Dus is dit ‘n album wat ‘n verskeidenheid van genres, bekwame liedjieskrywers en briljante verwerkings bied – voorwaar iets vir almal! Die projek was ondersteun deur BAY FM 107.9 en THE PAXTON HOTEL.

 

‘n DVD van die verrigtinge sal gedurende Maart 2009 beskikbaar wees.

 

Die geleentheid was ook bygewoon deur ander bekende persone soos Pieter Rademeyer (Jnr), Iloreez Meyer, Deon Mattheus, Kevin Mattheus, en die skryfster van die SIKLUS!-liedjie, SKOLOZA, Pauline Matthews (wat vanaf Limpopo gereis het om die geleentheid by te woon). Twee oud SIKLUS!-lede, ELSaBé Rademeyer en Robert Gillmer, asook die Bestuurder van die PAXTON HOTEL, mnr Anton Pretoriues, was onder die eregaste.

 

Foto vlnr: Anton Pretorius (Bestuurder, Paxton Hotel), Jacques Arendt (Stasiebestuurder, BAY FM 107.9), Marcel de Jager (ondersteuner van plaaslike talent), Riana Pretorius).

 

 Die musiekverwerkings is deur Deon Mattheus, in samewerking met SIKLUS! en hulle bestuurder, Sarel Botha gedoen. Sarel was ook die produksiebestuurder van die projek. Die choreografie is deur die bekende Melloney Fourie behartig. Met laser-ligte wat die program verder opgehelder het, het die gehoor hulle gate uit geniet. “Ek kon nie glo dat die tyd so gevlieg het nie,” het Elsie van Eck, een van die lede van die gehoor gesê. “Dit het gevoel asof die program skaars begin het, toe is dit verby.” Die program het sowat 90 minute geduur.

  

Teen die einde het die grootste gedeelte van die gehoor opgestaan en SIKLUS! vereer met ‘n staande ovasie. En die gehoor het uiteindelik hulle sin gekry toe die liedjie SKOLOZA as encore gesing is. Toe was dit voorwaar ‘n nog meer deelnemende gehoor wat gedans, geklap en saamgesing het. Siklus! beoog ‘n hele klompie optredes regoor Suid-Afrika om hulle album bekend te stel.

 

“Ek wens SIKLUS! baie, baie, baie geluk met hulle vertoning! Ek was regtig beïndruk met die aanbieding, afgerondheid en veral die CD,” het Pieter Rademeyer (jnr) gesê.

 

SIKLUS! se webblad is by www.siklus.co.za en hulle HOTLINE is 0839130147. Navrae kan ook gedoen word by Elna Botha, telefoonnommer 082 706 9717. Hulle CD is ook beskikbaar by Westway Kafee, Kaapweg, Newton Park, Port Elizabeth, telefoonnommer 041 365 0217. 

****************************************************

DIS WAT HULLE OOR SIKLUS! SE CD-VRYSTELLING Sê:

Anton (Bestuurder: Paxton Hotel) en Riana Pretorius (Port Elizabeth): Baie, baie dankie vir die geleentheid om Siklus! se CD vrystellingskonsert te kon bywoon ! Wat 'n konsert was dit nie ! Vandat ons gearriveer het, totdat ons vertrek het ! Ons was professioneel deur Haneen ontvang, met vriendelikheid deur Siklus! se ouers, ander konsertgangers, vriende en dan natuurlik, deur Siklus! gegroet !

En dan, die konsert ! Die uitstekende klank wat deur Wayne voorsien is en die skouspel van ligte wat deur Heine uitgewerk en uitgevoer is ! Uit die boonste rakke ! En dan die applous en gees wat 'n mens aanvoel ! En dan is dit die einde ! Ai, kan dit maar nie nog aanhou nie of wanneer is die volgende konsert, wonder 'n mens ?

Wel, ons kan nie wag nie ! Dit is waarom ons, plaaslike talent ondersteun en in hierdie kunstenaars glo ! Dit is vir Afrikaans, die beste!

Weereens, baie, baie geluk en dankie aan Sarel en Elna, Siklus! se ouers, Siklus! natuurlik en ons Hemelse Vader ! Julle is die beste ! 

Flip Matthews (man van Pauline Matthews wat Skoloza geskryf het) (Potgietersrus): Sarel, al die uitgawes wat ons gemaak het om hierheen te vlieg, ‘n motor te huur, hier verblyf te bekom en die tyd wat ons gebruik het in hierdie proses, was alles uit-en-uit die moeite werd. Ek het hoendervleis gekry toe Skoloza so goed ontvang is.

Jacques Arendt (Stasiebestuurder en omroeper by BAY FM 107.9): Baie geluk met ‘n fenomenale vertoning. Die beligting was uitstekend en die klank goed, nadat dit aanvanklik wankelrig was. Julle het nuwe standaarde gestel in die plaaslike musiekbedryf.

Louise Crouse (Port Elizabeth): Baie geluk met julle CD-vrystelling. ek dink die aand was regtig goed.

Pieter Rademeyer (Sakemand, sanger, komponis, onderwyser, rubriekskrywer van Port Elizabeth): Baie, baie, baie geluk met gisteraand se vertoning! Was regtig beïndruk met aanbieding, afgerondheid en veral die CD!Wel gedaan. My goeie wense gaan aan julle 4. Wow!  

Robert Gillmer (oud-SIKLUS!-lid van Port Elizabeth): Pragtige show. Mooi uiteengesit en ek kon sien daar was baie tyd, geld en harde werk ingesit. Die gebed was vir my 'n nice touch gewees, hoendervleis-lekker. Baie geluk en sterkte met die CD-verkope.

Sarina Engelbrecht (Tryst Video Productions, Port Elizabeth): Ek wil net graag names die hele Tryst span vir Sarel, Elna en Siklus! gelukwens met 'n puik vertoning! Ek was baie beïndruk met die hele pakket itv beligting, klank, vertoning. Julle het vir my 100% verbeter in die opsig dat julle die gehoor behoorlik betrek het en kon improviseer. Die groep se energie en choreografie was tops en ek dink waarlik julle het nou 'n goeie "produk" beet! Mag julle nog groot sukses daarmee bereik!

Suzette Hanekom (Port Elizabeth) aan Anja se ma, Haneen Swart: Baie geluk met die lekker aand, dit was voorwaar 'n belewenis, die groep is pragtig - as Anja haar kop so agteroor gooi en lekker lag - dis te dierbaar - julle kan voorwaar trots wees op julle dogter (ek kan darem breg wanneer sy die dag bekend is dat ek haar ma ken!!!!).

Wendy Victor (Port Elizabeth): Baie geluk met 'n puik vertoning! Ek is baie trots op wat julle alles vermag het en dit was lekker om weer by jul te wees.

Zelda Gouws (Joubertina): Ek hoor dit was so 'n uitstekende aand! Yes!!! Dis oorlat ek so hard gebid het! Baie geluk aan julle almal! Jippeee!

 

*******************************************

 

SIKLUS! ONDERSTEUN CANSA OP GRAAFF-REINET EN IN PE

 

 

Op pad na ‘n optrede in Middelburg het die bekende Oos-Kaapse sanggroep, SIKLUS!, ‘n draai gemaak by Radio Graaff-Reinet 90.2FM waar hulle gul ontvang is deur André en Bernadette Swartz wat dié radiostasie Bestuur. Tydens ‘n onderhoud wat lewendig oor die lug uitgesaai is, is hulle deur ‘n luisteraar uitgedaag om deel te neem aan die CANSA SHAV-A-THON wat in die dorp aangebied is. SIKLUS! het sommer dadelik ingestem en kort daarna is hulle hare gekleur om aan te dui dat hulle die projek ondersteun.

 

Middernag konsert

 

SIKLUS! se ondersteuning vir CANSA word verder onderstreep wanneer hulle op 27 Maart, saam met Gouwsie van Joubertina, ‘n middernag konsert aanbied van 23:00 tot 00:30 ten bate van die RELAY FOR LIFE-projek van CANSA. Spanne van tussen 10 en 15 persone gaan deelneem aan ‘n staptog van tot 12 ure lank rondom die Kensley sportgronde in Port Elizabeth, wat deurnag plaasvind.  SIKLUS! en Gouwsie gaan opgewekte musiek lewer om die spanne aan te moedig terwyl hulle die staptogte onderneem, op ‘n tydstip wat die spanne steun nodig het om verby die middernag-mylpaal te kom. Persone wat graag wil inskryf vir die staptogte kan Joan Duarte skakel by 041 373 5157 of haar per e-pos bereik by jduarte@cansa.org.za.  Toegang by die konsert is slegs R5 per persoon en alle fondse word ten bate van CANSA aangewend. “Almal van ons word op een of ander manier deur kanker geraak,” sê Joan.

 

SIKLUS! nooi al hulle ondersteuners om die konsert by te woon en sodoende die projek te ondersteun. Navrae kan gedoen word by Elna Botha by 082 706 9717.

Siklus! sing op Middelburg

Siklus! se derde album binnekort beskikbaar

Die Oos-Kaapse sanggroep, SIKLUS! het die 2008/2009 vakansie hierdie keer nie soos gewoonlik deurgebring op die verhoë van Suid-Afrika nie. Nee, hierdie keer het hulle baie hard gewerk aandie opneem van hulle derde album, KOMAAN, wat op 7 Februarie in die MMM Loubser Ouditorium, Somerstrand, Port Elizabeth, by wyse van 'n massiewe vrystellingskonsert bekendgestel word.

Die album bestaan uit 11 oorspronklike snitte en een deksnit (GEBED - Koos du Plessis). Die groep het besluit om hierdie keer die groot sprong te neem om 'n eie klank en eie repertoire te vestig sonder om staat te maak op die 'veiliger' opsie van verskeie deksnitte.

Twee van die snitte, PUNT en GEE VIR MY LIG, is deur Stef Kruger geskryf wat vir onder andere treffers van Dozi soos TUSSEN JOU EN MY, MA SE SONG en GRASSADE IN DIE WIND verantwoordelik is.Nog twee snitte, KOMAAN en YOU STOLE MY HEART is deur die bekende Deon Mattheus van Port Elizabeth geskryf. Die oorblywende ses liedjies is deur die huidige lede van SIKLUS! en sommiges ook met die hulp van vorige SIKLUS!-lede geskryf.

Die CD-vrystellingskonsert beloof om 'n fees van klank, beligting, beeld, dans, beweging en sang te wees. Die beligting word behartig deur die bekende Hein Herselman en die klank deur WM Sound & Lighting.

Kaartjies kos slegs R20 en bespreking is noodsaaklik. Dit kan verkry word by Hellen Scriven van Westway Kafee, Kaapweg, Newton Park, Port Elizabeth (Tel 041 365 0217).

*************************************************

SIKLUS! op 1 Februarie in BAY FM ateljee saam met Jacques Arendt

Foto: Elzette - Bloemfontein via BAY FM webkamera

Boodskappe

Lucas Maree het die volgende boodskap aan SIKLUS! gestuur:

"Sterkte en voorspoed met julle CD vrystelling..

 

Hoop julle CD gaan 'n wenner wees."

Lucas Maree 

Kyk wie almal by die SIKLUS! CD-vrystellingskonsert gaan wees (as jy daar gaan wees, stuur jou foto en ons plaas dit graag!):

Jacques Arendt, BAY FM 107.9 Stasiebestuurder 
 
Iloreez Meyer, Eienaar van die Iloreez Meyer Sangakademie

Sarel Botha, Bestuurder van SIKLUS! 
 
Pauline Matthews, skryfster van een van Siklus! se nuwe treffers, SKOLOZA

 

ELSaBé Rademeyer, voormalige lid van SIKLUS!


Robert Gillmer, voormalige lid van SIKLUS!
 
 

Dis wat ons as SIKLUS!-lede omtrent ons nuwe CD en vrystellingskonsert te sê het:

MARINUS

 

Hoekom ek dink jy die CD moet koop: Daar is 'n a la carte van musiek op. Splinternuwe werk wat strek van rock tot pop tot Fanagalo. Engels en Afrikaans. 'n Lied vir elke smaak.

 

Saam met die uitstekende liedjies, kom 'n CD-vrystellingskonsert wat skrik vir niks. Klank en beligting, die beste in die land. We are pulling out all the stops to make this the best CD launch show PE has ever seen! 

Kom, wees deel van hierdie ongelooflike show en laat Siklus! 'n permanente deel vorm van jou herinneringe!!! Groete, Marinus

 

CARINA 

 

7 Februarie 2009, MMM Loubser Ouditorium is die plek om te wees.

Nuutgeskepte  liedjies gekombineer met ou bekendes, sorgvuldig gekies om ‘n onvergeetlike aand van opwinding, passie, saamkuier, hoë gehalte klank en beligting te verseker! Bekende treffers soos “Skree jy op my” en “Hallo” is ingesluit met bypassende danspassies wat jou sal wil maak saam spring en dans. SIKLUS! is ‘n groep van energieryke passie vir mense en sang wat bestaan uit twee mans en twee dames. Ons kan gehore wegvoer met ons stylvolle kleredrag, harmonieë en musiek en beweging. Nooit vantevore was daar ‘n CD-vrystellingsaand met so ’n saamtrek van mense uit alle rigtings nie. Waarom ons CD-vrystelling bywoon? Waarom nie? Die nuwe “it” sanggroep gaan nog diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf trap en is trots om hul album en musiekvideo aan jou bekend te stel. Mwha! Carina

EMILE

THIS WHY I THINK YOU SHOULD buy our SIKLUS! CD and attend our CD LAUNCH:

 

I am honestly going to say that as a group we have worked hard together and we have achieved so much, that we are now at that stage where we need our home town to rejoice with us and help us make this next step work.

 

This CD is for everyone. For the young, the old. For English, Afrikaans and even an Afrikaans Kwaito for Xhosa. We want this album to be unique and special, and what each of us have added in studio and on stage, this album contains.

 

We want YOU to be at our CD launch so that YOU can experience our music LIVE, so that you can feel it flow through your veins there in that moment. And once you have liked what you’ve seen and heard, we want you “to take us home with you”, to purchase our album and enjoy it at home.

 

So I call out to everyone to come and join SIKLUS! in celebrating!! Hope to see you all there!!  Love, Emile.

 ANJA

Kom wees deel van die gebeure op 7 Februarie 2009 want indien jy dit mis, gaan jy definitief sorry wees.

Hou jy van lewendige musiek? Dan is ons CD net dit waarna jy soek. Ons is vier “vibrant” jong mense met ‘n liefde vir musiek en dit word duidelik in on CD weerspieël. Siklus! is seer sekerlik dié energiekste groep wat tans bestaan en die wonderlikste van alles is dat dit suiwer Oos-Kaapse talent is. Siklus! se CD is ‘n “moet” vir elke muskiekliefhebber se versameling, dit is ‘n lekkerluister, lekker saamsing en lekker saamdans CD. Ons is mal oor ons ondersteuners en wil graag die aand met soveel as moontlik van julle deel. Maak seker dat jy in ons vreugde kom deel deur  betyds ‘n kaartjie (net R20.00) te kry by die vriendelike Hellen van Westway Kafee. Sien julle daar! - Anja

SIKLUS! TOON VEELSYDIGHEID by die Kirkwoodse Wildsfees

Fotos: Marilies van Rooyen en Hanalie Doubell

 

Van SIKLUS! gaan Suid-Afrika nog baie hoor! Hierdie groep se energie, oorspronklike werk en hulle vermoë om verskillende genrés te dek en ook solowerk en duette te doen, maak van hulle 'n gesogte item by feeste en konserte waar veelsydigheid en verskeidenheid nodig is om 'n gehoor geïntereseerd te hou. Die Kirkwoodse Wildsfees het weer eens bewys dat hierdie groep 'n blink toekoms het wat voor hulle lê.

 

'n Gedeelte van die groot skare wat na SIKLUS! geluister het by die Wildsfees is op die foto links.

SIKLUS! se nuwe treffer KOMAAN het beslis die gehoor gaande gehad. En toe die groep later in die program hulle vorige treffer SKREE JY OP MY sing was dit duidelik alreeds bekend by 'n groot gedeelte van die gehoor. Hierdie liedjie is pas op video opgeneem en word eersdaags aan TV-stasies voorgelê vir oorweging om op TV gespeel te word.

Met hulle danspassies het hulle die gehoor verstom en was dit net 'n plesier om hulle dop te hou, want jy weet nooit wat hulle volgende op die verhoog aanvang nie en jy wil geen oomblik daarvan miskyk nie.

Die groeplede is elkeen ook 'n solokunstenaar in eie reg en hulle het hulle staal ook in hierdie opsig gewys. Hieronder is enekel fotos waar elkeen sy solobydrae tot die program lewer. Heel links is dit Anja Swart wat plesier gebring het met haar uitstekende weergawe van Laurika Rauch se MY OU TANTE KOBA. Tweede van links is die Engelsman in die groep, Emile Doubell, wat met SHE BANGS wys waarom hy een van die PE-finaliste vir die M-NET produksie HIGH SCHOOL MUSICAL is. Carina Renz, Kirkwood se eie ster, het vir 'n hoendervleiservaring gesorg toe sy haar weergawe van Dixieland oor die luidsprekers laat weerklink het. Marinus van Rooyen, bekend as Suid-Afrika se eie Roy Orbison, het met sy liedjie DIE HELE BOKSEMDAAIS (geskryf deur homself, Fredi Nest en Sarel Botha gesamentlik) die gehoor se voete aan die jeuk gehad.

 

Op die foto links wys Marinus en Carina hoe hulle met HEAD OVER HEALS die gehoor kan betower. Op die foto onder is die groep afgeneem by hulle aankoms by die Wildsfees.

 

SIKLUS! is bekend daarvoor dat hulle met groepwerk, solos en duette 'n skare kan besig hou vir drie ure lank sonder dat hulle verveeld raak. 'n sologleuf elke lid van die groep, plus een gleuf waarin daar duette gesing word en 'n finale gleuf waarin die groep gesamentlik optree, laat drie ure vinnig verbyvlieg. Feesorganiseerders hou ook daarvan om hierdie gleuwe te versprei oor hulle hele program. Om SIKLUS! vir 'n optrede te bespreek kontak Elna by 082 706 9717 of stuur 'n e-pos aan info@gouedrome.co.za.

 

SIKLUS! verras met nuwe liedjies!

 

Die Oos-Kaapse sanggroep het op 20 Junie by die Talenté 2008-talentaand as gaskunstenaars opgetree en die gehoor verras met splinternuwe werk wat aangebied is. Bo-en-behalwe twee liedjies wat deur Stef Kruger geskryf is, PUNT & GEE VIR MY LIG, het hulle ook 'n nuwe treffer KOMAAN (geskryf deur Deon Mattheus) vir die eerste keer opgevoer. "Ons het nog nuwe liedjies," het die groep gesê, "maar ons bêre dit vir volgende optredes en ook om so bietjie 'n doek oor ons nuwe album te hou. Ons is darem bereid om te sê dat die twee nuwe liedjies in Engels is en die name daarvan is ASAP en YOU STOLE MY HEART. Ons sien baie uit na die nuwe album en kan nie wag om die publiek se reaksie daarop te sien nie."

SIKLUS! bestaan uit vier lede, naamlik Anja Swart, Carina Renz, Emile Doubell en Marinus van Rooyen. Die groep was uiters gewild by die 2008 ABSA KKNK (sien foto bo) en verwag dat hulle nuwe album teen November beskikbaar sal wees. SIKLUS! sing deesdae hoofsaaklik oorspronklike (nuwe) werk maar maak ook van deksnitte gebruik om hulle program aan te vul, na gelang van die samestelling van die betrokke gehoor.

SIKLUS! is reeds bespreek vir vertonings tot diep in 2009 en hulle het in Junie 2008 hulle eerste musiekvideo geskiet wat bedoel is vir gebruik op televisie.

 

Om die groep vir 'n optrede te bespreek skakel Elna by 082 706 9717 of besoek hulle webblad by www.siklus.co.za.

 

Om meer te lees oor die gewilde TALENTé 2008 reeks van talentaande, besoek gerus www.talenté.co.za.

SIKLUS! neem eerste musiekvideo op

(Foto's: Emile Doubell) - 14 Junie 2008

Die tegnici bou die verhoog waarop die SIKLUS!-video verfilm gaan word

SIKLUS!-ma Elna Botha was saam met baie ondersteuners daar om 'n handjie by te sit.

 

SIKLUS! is gereed om op die stel te gaan vir die opname (Emile, Carina, Anja en Marinus)

"Hou jou hande tuis, Emile," sê Carina ontsteld.

Theresa, SIKLUS! se haarkapster maak seker dat elke haartjie op sy plek lê!

Die tegniese span van Tryst Video Productions saam met Siklus!

Agter (van links na regs): Ed, Tertius, Sheryll, Nicholas, Sarina

Voor (SIKLUS!): Anja, Emile, Carina en Marinus

 

SIKLUS! BESIG MET OPNAMES BY STUDIO 5 IN PORT ELIZABETH

(4 Junie 2008)

Heel links: Carina probeer hard om te konsentreer op die noot!

Tweede van links: Anja droom van koekies in die koshuis.

Tweede van regs: Emile is stom en praat vingertaal.

Heel regs: Marinus kan maar net lag oor die hele petalje.

 

Links: Deon Mattheus is die produksie-ou. Teen die einde van die aand was hy so mal soos 'n haas (what's new?) met al die SIKLUS!-lede om hom en moes hy berading kry by Homer Simpson.

 

Regs: Siklus! saam in die klankboks!

 

Dit is SIKLUS! se derde album wat opgeneem word. Indien jy 'n kopie van hulle nuutste album wil aanskaf (dit sal teen November gereed wees) plaas jou naam op die waglys - klik hier!

Fotos: Emile Doubell

 

DIE PAXTON HOTEL ONDERSTEUN SIKLUS!

SIKLUS! maak graag van hierdie geleentheid gebruik om aan die PAXTON HOTEL baie, baie dankie te sê dat hulle soveel moeite gedoen het om die groep by die hotel te akkommodeer vir 'n onlangse fotosessie. Die personeel was uiters vriendelik en almal het uit hulle pad gegaan om die sessie so suksesvol moontlik te maak.

 

Die PAXTON HOTEL is ook die blyplek in Port Elizabeth waar die meeste hoofstroomkunstenaars oorbly wanneer hulle optredes in die omgewing het. Bekendes soos Steve Hofmeyr, Carike Keuzenkamp, Kurt Darren, Nicholis Louw, Chereé, Eden en nog talle meer het al verskeie kere daar oorgebly. Indien u ook belangstel om van dieselfde puik diens gebruik te maak, kontak vir Anton Pretorius by die hotel op 041 585-9655 of by paxton@iafrica.com.