SIKLUS!

OUD-SIKLUS!'e

SIKLUS! beteken onder andere kring, periode of tydkring met die idee dat daar 'n aaneenlopende proses van groei en vernuwing is en dit is presies wat met SIKLUS! gebeur. Wanneer 'n lid van die groep uitskiet om 'n solo-loopbaan te bevorder word 'n nuwe lid ingeneem, maar SIKLUS! sal altyd trots bly op die lede wat 'n bydrae gemaak het tot die ontwikkeling van die groep in huidige formaat. Oud SIKLUS!-lede bly vriende van die groep en ons hoop om in 2010 eendag 'n groot reünie-optrede te hou vir belangstellende oud Siklus!-lede.

Hier is die vorige lede van SIKLUS!:

Ian Venter - Stigterslid en tans solokunstenaar wat baie goed vaar. Ian is veral bekend vir sy liedjie WEGBREEKTYD wat goed gevaar het op BAY FM. Hy fokus ook veral op die herlewing van rockmusiek van die 60's en 70's. Ian studeer ook in die kunste by Stageworld in Port Elizabeth

André M wat ook bekend is as die Oos-Kaap se liedjiekoning, was ook 'n stigterslid van SIKLUS!. André skryf uitstekende liedjies waarvan deur Wynand Strydom, Carina Renz, ELSaBé Rademeyer, Lionel Klue, Maritza Smith, Monique van Driel, Ninette, Robert Gillmer en Shaun Thomas opgeneem is. 

ELSaBé Rademeyer was ook 'n stigterslid van SIKLUS! wat baie goed presteer het deur in 2006 en 2007 onderskeidelik die 12de en 9de posisie te behaal in Patricia Lewis se landwye kompetisie,  SUPERSTERRE op SABC2. Sy fokus tans op haar solo-loopbaan.

Robert GIllmer was ook 'n stigterslid van SIKLUS! en het intussen besluit om op sy solo-loopbaan te fokus. Robert het presteer deur onder die TOP 100 Afrikaanse Idols te eindig in 2006 en was in dieselfde jaar veelvuldige trofee wenner by VOALIM se TOP 20 glansaand in Port Elizabeth.